As jy R1 miljoen in 2015 na Malta gebring het en dit eenvoudig in die bank gelos het, sou jy tot op hede R225 353 gemaak het! As ‘n Suid-Afrikaner, maak Malta jou permanente EU-tuiste en begin weer lewe. Begin die proses deur jou sitplek te bespreek by die volgende rondte van ons Malta visa en verhuisings seminare wat voorlê. (Bywoning is gratis).
Malta is in die hartjie van die Middellandse See geleë, het ‘n gesonde ekonomie en eiendom sien ‘n gemiddelde kapitaalgroei in Euro van ongeveer 4%+, een van die beste in Europa!
Dit beteken dat as jy in 2015 R1 miljoen na Malta gebring het, jou Rande jou ook meer sou kon koop het, aangesien eiendom ‘n paar jaar gelede ook goedkoper was. Jou €71 540 (R1m) in 2015 sal nou net €58 383 werd wees, wat beteken dat dit byna 20% in waarde verloor het… behalwe die feit dat ‘n eiendom van €71 540 in 2015 nou €94 141 sal kos, gebaseer op ‘n gemiddelde jaarlikse aanwins van 4% p.j.!
Suid-Afrikaners moes dus nie net die verlies in wisselkoersverliese van die afgelope 7 jaar trotseer nie, maar hulle het ook die kapitaalgroei of aanwins toepassende op die besit van ‘n eiendom in Malta vir die afgelope 7 jaar gemis … ‘n dubbele terugslag. As jy in 2015 R1 miljoen in eiendom in Malta belê het, sou jy vandag daardie bedrag sien groei het tot R1 611 706*.
Om globalpropertyguide.com aan te haal: “The property price index rose at an average annual rate of 5.3% during the first three quarters of the year in 2021 and 5% during 2020 (4.8% inflation-adjusted), following rises of 2.5% in 2019, 11.9% in 2018, and 8.8% in 2017, according to the Central Bank of Malta (CBM)”
Malta is al sedert 2004 deel van die EU en talle Suid-Afrikaners het reeds die skuif na die eilandnasie gemaak.
As ‘n land met die klem op persoonlike veiligheid, is Malta ‘n plek waar Suid-Afrikaners nie net tuis voel vanaf die oomblik dat hulle voet aan wal sit nie, dit is ‘n ideale hervestigingsbestemming vir jou en jou hele gesin. Volgens endevio.com was Malta in 2019 die veiligste land in Europa en die tweede veiligste wêreldwyd.
Net soos in Suid-Afrika is Engels is een van die amptelike tale en hier ry mens aan dieselfde kant van die pad as in SA. Suid-Afrikaanse bestuurslisensies word vereër en is geldig vir ‘n volle jaar na aankoms.
As jy kwalifiseer vir een van Malta se verblyfspermitte sal jy die reg hê om onbepaald in Malta te woon. Jy sal in Malta kan werk en nie onderhewig wees aan ‘n minimum fisiese teenwoordigheid in die land nie, soos dit gewoonlik nodig is om immigrasiestatus te handhaaf in meeste ander lande. Alle familielede van ‘n aansoeker kom ook in aanmerking.
Loer hier na al die Maltese visa opsies en verblyfspermitte.
Die verkryging van ‘n verblyfspermit in Malta beteken grensvrye reisgeleenthede vir alle inwoners na die res van Europa binne die Schengen-sone. Met daaglikse en weeklikse vlugte na Suid-Afrika via ‘n aantal Europese vlugaanknopingspunte, is dit baie maklik om na Suid-Afrika te reis. Aan die ander kant duur direkte vlugte na meeste van die groot stede in Europa slegs ‘n paar uur vanaf Malta.
In Malta het jy ‘n keuse om GRATIS staatsgesondheidsorg te hê as jy ‘n permanente werk het en maatskaplike bydraes betaal. As jy afgetree is word daar wel van jou verwag om private gesondheidsversekering uit te neem, maar dit is uiters bekostigbaar: Saffas is gewoond daaraan om groot bedrae vir private gesondheidsorg te betaal om beter vlakke van kwaliteitdiens te hê … maar in vergelyking met SA word verskeie gesondheidsorgplanne in Malta aangebied deur al die groot algemene versekeringsmaatskappye en dit is baie goedkoper!
In Malta is gewapende reaksiemaatskappye ‘n vreemde konsep. Hier kan jy veilig uitgaan en na donker in enige dorpie of of voorstad se straat gaan stap. Dit is die nommer een rede waarom Saffas hul lewens hier wil hervat: dit is ‘n kans om weer te begin lewe sonder die voortdurende vrees oor jou of jou geliefdes se veiligheid.
Vir Suid-Afrikaners wat oorweeg om hul besighede na Malta te skuif of selfs ‘n nuwe besigheid te registreer kan dit nie makliker wees nie. Die registrasieproses is vinnig en goedkoop. Malta is ‘n land met lae lewenskoste en baie voordelige belastingstruktuur. Die land se geografiese ligging na aan en diplomatieke bande met die EU en Schengen-sone beteken dat daar eindelose geleenthede vir besigheidsmense is.
In Malta vind kragonderbrekings selde, indien ooit, plaas.
DURBAN | 17th Oktober 2022
The Oyster Box at 5PM
CAPE TOWN | 19th Oktober 2022
Mount Nelson Belmond at 5PM
Frank Salt Real Estate, Malta se grootste, oudste en mees gerespekteerde familie-beheerde eiendomsagente gaan op toer deur Suid-Afrika binnekort en dit is jou kans om een van hul gratis verhuisings- en belêggingseminare by te woon. Die sessies sal in Durban (14th Oktober), Johannesburg (17th Oktober) en Kaapstad (19th Oktober) plaasvind. Bywoning is gratis maar ‘n mens moet registreer om dit te kan bywoon.
* Wisselkoerse afkomstig van
https://www.exchangerates.org.uk
Euro VS SA Rand:
Donderdag 1 January 2015 | €1 EUR = R13.9781 —— R1million = €71 540 |
Dinsdag 6 September 2022 | €1 EUR = R17.1285 —— R1million = €58 383 |